'N BIELIE VAN 'N BULLETJIE
Nie slegs die Bul van die Noorde, Victor Matfield, het besoekers aan die Megaweek gaande gehad nie, maar ook Tiny, die klein gekruiste (85% Dexter/15% Zebu) bulletjie van Diepkloof, Malgas-omgewing. Tiny behoort aan 'n baie trotse mnr. Otto Steinhofel en dit lyk na 'n uitgemaakte saak dat dié miniatuurbulletjie se naam binnekort in die Guinness Book of World Records gaan pryk.
Volgens mnr. Steinhofel is Tiny op 27 maande reeds volgroei en verseker die feit dat hy van skouer tot hoef op 83cm die kleinste bulletjie ter wêreld is. Dit was omtrent 'n gedoente om hom perfek gemeet te kry. Om al die papierwerk in orde te kry vir die Guinness Book moes daar 'n behoorlike meting plaasvind onder toesig van 'n prokureur en veearts.
Tiny moes meer as een maal 'n paar draaie deur sy kampie stap, en hy is telkens gemeet om 100% seker te maak hy is DIÉ een aan wie toekomstige miniatuurbulletjies vir rekordpogings gemeet sal word. Tiny is nie sommer 'n hierjy nie; nee, hy het reeds sy eerste koeie gedek en dit behoort interessant te wees om te sien hoe sy nageslag vertoon. Die moontlikheid is nie uitgesluit dat hy 'n miniatuurras met Tiny as ''stamvader'' gaan begin nie, aldus mnr. Steinhofel.
Met die ter perse gaan was Tiny terug in sy geliefde Breëriviervallei, salig aan die wei en ver van die oë van die nuuskierige skares. Dis Tiny, die Bielie van die Breërivier.