Voor my sien ek steeds die afdrukke van jou skoene in die sand op die sypaadjie soos ons drie die klein entjie skool toe stap. As ek reg onthou, was dit Bata Toughees, daardie rondepunt-modelle van die sewentigs. Jy, die jongste van ons drie, het altyd voor gestap; ek en Johan so twee treë terug. Jou agterhoede gevorm, jou onbewustelik altyd probeer 'beskerm' omdat jy van kleins af 'n regte ongeluksvoël was?
Dit het nie gehelp nie, ook nie toe jy as groot, sterk jong man op 26 Februarie 1985 van ons weggeruk is nie. Ek sal NOOIT Pa se oproep daardie Maandagmiddag laat vergeet nie, die vreemde klanke in sy keel wat nie woorde wou vorm nie. Of Ma se gebrokenheid daarna nie. (Sy is tien jaar later oorlede, maar haar oë het dof geraak en haar diep, daardie lúide lag, stiller)
Ek kyk na 'n foto van jou en jou baba-dogtertjie (weet jy, sy's nou al groot, getroud) teen my muur: Dis 'n mooi toneel êrens in die Blyderivierspoort. Wat my veral opval, soos elke keer as ek aan jou dink, is die mooi glimlag. Hoe sou jy vandag gelyk het? Dis seker nie belangrik nie - jy sou steeds jou glimlag wees, daardie mooi glimlag wanneer jy gaan slaap het, of soggens met opstaantyd.
Jy is steeds naby ou Willem, Willempie. Al rus jy reeds dertig jaar in Wespark, ry jy steeds tienduisend duiwels uit jou fiets, bou jy hokke vir jou lagduifies, eet jy witbrood met plaasbotter en tamatiesous, huil jy jou groen oë bloedrooi oor die bokkies wat in flieks in veldbrande omkom. Ek hoor jou stem as jy my vir skool kom wakker maak: ''Boetie....''
Jy sit hier by my - ek herken jou glimlag. Dertig jaar, Willem, maar jy's nie weg nie.