Vir die volgende twee uur of so vang ek nie die Eskom-stasie op nie. Daar het vroeër so 'n dunnerige buitjie verbygetrek - net genoeg om my kar vol stofstrepe te laat en die beespaadjie kol-kol klein plasse te laat versamel.
Ek kyk noord, na waar die berge by Riviersonderend hulself teen die laaste lig afets. Ek week ek moet AGTER daai berge wees, aan die Karoo-kant van die Sonderend-, Lange- en Outeniquaberge. Op die R62 in die Klein-Karoo, of in die Groot-Karoo agter die Swartberge.
Ek woon tussen dennebome aan die voet van 'n berg; storievertellers sal jou wysmaak hier's 'vreemde' gedoentes en gediertes in die omte, maar dis maar net om 'n bietjie geur te gee aan local folklore. Dis mooi hier. Maar dis vir my 'n staning tot my hart se weiding opraak. Ja, ja, ja dit IS so: ons weet ons is waar die lewe ons neersit, maar sodra die seisoen reg is gaan ek die blou berge oor, Karoo se kant toe...
In die laaste lig van die dag sien ek die veldjie voor my sy skaduwee lank uitrek, met die kerktoring so 'n kilomter of drie verder nog net-net sigbaar. Eskom is nou nie hier nodig nie. Dis mooi om my....ek wil hier sit en wag vir die sterre. Ek wil kyk of hulle NET so mooi is soos die blinkes by Loxton, Vosburg, Richmond, Nieu-Bethesda of Klaarstroom.