Tydens my middagwandeling sit ek vandag 11.4 km onder die sool. Baie chuffed. En nee, ek het nie die ou groen /blou skoen aangehad nie. Ek kry hom langs die pad, en die kontras tref my: reg oorkant die huis met die dorp se allergroenste, die heel mooiste grasperk. Soos ek kyk & die herfsblare mekaar in die straat sien rondjaag, wonder ek: Aan wie se voet sou hy geloop het, hoe kom hy hier, weet sy haar skoen is weg? Dalk het sy hom in 'n oomblik van woede by 'n motorvenster uitgeslinger. Dalk uit 'n sakmens se Shopritesak geval.