By Struisbaai prr prr prr prr volgepakte skuite vet rooistompneuse & ander vis die klein hawe in. Toeriste & locals staan almal opgewonde nader om die vangs te kom bewonder. Seemeeue & ander voels maak 'n gekke kabaal & raas allerysliks & bevlieg mekaar in afwagting op iets te ase. Met goeie vangste, soos vandag, glimlag die vissers en skyn die son blink op hul tande. Ander dae staar hulle net strak oor die see.