ALMAL, DIE OVERBERG OOK, LOOP DEUR.
Beurtkrag-nagmerrie
Skaars koud was die woorde van Hanlie Retief se onderhoud in Rapport (2 November 2014) met me. Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, waarin die Minister dit duidelik stel dat daar nie meer verskonings is vir die Kusile- en Medupikragsentrales om nie klaar te bou nie, of ons kragreus word, soos dikwels, onkant betrap. Dit blyk dat beurtkrag, wat 'n paar jaar gelede vir miljarde rande se skade vearantwoordelik was, weer eens SA se voorland is; minstens vir 'n week – en dalk langer.
Eskom het bekend gemaak dat 'n skedule, waarvolgens beurtkrag toegepas word, op sy webtuiste beskikbaar is. Diegene wat nie toegang tot die internet het nie, kan hul plaaslike munisipaliteit gedurende kantoorure nader vir meer besonderhede.
Volgens Solidariteit (in Maroela Media) kan 'n beskuldigende vinger gewys word na Eskom wat al sedert Januarie bewus is van die strukturele probleme van die silo wat Saterdag 1 November by sy Majubakragstasie naby Volksrust inmekaargestort het. Alhoewel baie inwoners die situasie met 'n sekere gelatenheid aanvaar, is nie almal so geneë met die stand van sake nie en wou een van Napier se inwoners weet '' ...maar gaan hulle dan NOOIT leer nie; leer om te beplan, leer om kundigheid te waardeer, leer om verantwoordbaar te wees.''
Suidernuus het op Maandag 3 November met 'n paar inwoners van Napier gesels om menings in te win rakende die probleem.
Oom Ben en sy vrou, Vera, van Instap Mini-Mark voel ons moet die situasie aanvaar as 'n gegewe, maar dis belangrik dat mense nie stilbly nie; dat kragverbruikers se stemme oor 'n wye front gehoor word; dat die publiek as verenigde front vir Eskom sal laat besef dat óns die kliënt is.
Mev. Marlene Fourie (namens Ilse Vos, eienaar) van die Napier Farm Stall het begrip vir die situasie en sê haar enigste voorbehoud is genoegsame waarskuwing van Eskom, ''want dan kan jy beplan vir enige gebeurlikhede en gereed wees wanneer die probleem opduik''. En etes, koffie e.s.m.? Dis nie vir die Napier Farm Stall 'n probleem nie. ''Ons het in elk geval gas in ons kombuis; dus is dit vir ons 'Business as usual''' volgens Marlene. ''Ons deure staan altyd oop, elektrisiteit of te nie.''
Die eienaar van Vindigo Wine/Art Shop , Grahame, vertel dat die situasie hom nou nie juis warm onder die kraag het nie, maar tog...hy het wél 'n probleem daarmee as Eskom, wanneer SA onder tekorte steier, krag aan buurlande soos Namibië en Botswana verkoop. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die skade wat aan elektriese toestelle soos yskaste en rekenaars aangerig kan word wanneer daar skielik ''power surges'' voorkom.
Zelna Brand, eienaar van Napier se OK, is egter minder beïndruk en is veral bekommerd oor die skade wat haar besigheid kan ly wanneer yskaste sonder krag staan; sy hou heelwat bevrore produkte ( van vleis, 'n verskeidenheid groente en roomys ens.) aan en voel bekommerd dat lang periodes sonder krag haar besigheid negatief kan beïnvloed.
Elna en Thinie de Kock, inwoners van die dorp, voel dat Eskom séker moet maak dat hy die publiek te alle tye betyds waarsku, en baie meer moeite moet doen om swak beplanning uit te skakel en aandag moet gee aan die probleme wat deur SWAK ONDERHOUD veroorsaak word.
Wilma van Eck van die plaaslike tak van Kaap Agulhas Munisipaliteit sê oor die algemeen aanvaar die publiek die situasie en het sy self nog nie klagtes moes aanhoor nie.
Hoe lank gaan dié probleem duur? Niemand weet nie; nie régtig nie. 'n Mens kan maar net hoop dat die Minister die sweep veel harder bo Eskom se koppe sal laat klap en dat ons kragvoorsiener ons nie lank in die duister gaan hou nie en steeds suidelike Afrika se ligte sal laat brand. Nou nie 24/7 nie, maar darem. So soort van.
DANIE BOTHA